Inleiding
‘n Suid Afrikaanse aksie om die waarheid van die Evangelie aan die volgende geslag in Nederland en Europa (ons stamlande) te bring, het begin toe Marius en Amanda Storm in 1992 uitgestuur is na Nederland om as direkteurspaar van IKEG nie-gelowige kinders met die evangelie te bereik.
Lees die hele verhaal oor hulle roeping en visie op die bladsy Oor Ons.
Vir Aktuele nuus, besoek gerus ons “blog” by http://www.stormpies.blogspot.nl.

Nederlandse Kinderevangelisasie Aksie – NKA
‘n Voorreg bring ‘n verantwoordelikheid!
Jan van Riebeeck en sy volgelinge het in 1652 die Woord van God uit Nederland na Suid-Afrika gebring. Wat ‘n voorreg vir ons land om so in aanraking met die evangelie te kom. Tans is ons is almal besorg oor ons eie land en die tendense wat plaasvind op geestelike en morele gebied. Wat ons nou in Suid-Afrika ervaar is al lankal gaande in Europa.
Die situasie het so verander in ons voormalige stamland dat dit ons verantwoordelikheid geword het om die onvervalsde Woord van God na Nederland terug te neem! Europa word die grootste sendingsveld ter wêreld. In 2004 het maar 2,7% van die kinders wat die evangelie gehoor het gereageer op die boodskap, teenoor 54% in Asië!!