WIL U NIE OOK BETROKKE RAAK BY ONS
AKSIE NIE?
'n Sendeling kan nie oorleef sonder gelowiges wat agter hom staan nie. Dit
is 'n Bybelse beginsel dat gelowiges en kerke betrokke raak by die werk van
'n sendeling in hulle eie en in 'n ander land. So 'n
voorbeeld is die gemeente van Filippi wat 'n aandeel gehad het in die
sendingwerk van Paulus.
(Fil 4:10-20)
Wat kan u doen doen?
U KAN BID.
"Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus
Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: STRY saam
met my deur vir my te bid ...." Rom 15:30
Baie mense wil graag bid maar weet nie altyd vir wat hulle moet bid nie. Ons
wil vra dat u u naam aan die NKA deurgee en aankruis dat u vir die Storms
wil bid. Dan ontvang u elke paar maande gebedsversoeke vir elke dag om so
doelgerig te bid. U kan ook u e-pos adres opgee om deel te word van die
ketting gebedsgroep, dan ontvang u berig van spoedeisende sake waarvoor u
kan bid.
U KAN GEE.
"Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag,
want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van
die heidene nie. Dit is dus ons plig om sulke mense te onderhou, sodat ons
daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid."
(3 Joh:7b-8)
Wil u nie die Here vertrou om u in staat te stel om ons finansieel te
ondersteun nie? Ons kry geen salaris en leef geheel en al van bydraes wat
kinders van God vir ons gee. U eie kerk bly u eerste verantwoordelikheid.
Moet ook nie sendelinge wat u reeds ondersteun los nie. Maar as u nog by ons
ook wil betrokke word sal ons baie dankbaar wees. Ons begroting is 3 000 per
maand vir lewe en bedieingskoste.
Baie dink dat hulle nie kan bydra nie omdat hulle individuele bydrae te
klein geag sal word. Dit is nie waar nie. Elke gawe word hoog op prys gestel
- dit maak nie saak hoeveel nie.
Vul asseblief die responskaart in en stuur dit aan die NKA sodat u ons
nuusbrief en gebedskalender kan ontvang.
Baie dankie dat u bereid is om by hierdie bediening betrokke te raak.
Laai
die
Aftrekorder vorm af.
Laai die
Respons-vorm af.
|